Woordeboek vir Afrikaanse Amateurs

‘n Mens kry darem mense wat mooi kan skryf.  Fancy en grênd man!  Halfpad deur hul letterkundige werke voel mens te skaam om op jou eie CV te skryf dat jy Afrikaans selfs net gedeeltelik magtig is.  As mens eers verklarings van verklarings in die woordeboek moet soek, besef jy daar is groot moeilikheid met jou eie taalvaardighede.  Maar onkunde was nog nooit ‘n verskoning nie en ‘n mens moet die heeltyd poog om jouself te verbeter.  Ek het ‘n leemte in die mark gesien en dadelik die geleentheid aangegryp.  Dit is dus met trots dat ek bekend stel:

“Jan Twak se fancy woordeboek vir Afrikaanse Amateurs”

Onder is ‘n paar uittreksels uit hierdie formidabele (die woord is in die boek) verklarende woordeboek.  Die volledige werk kan op my webwerf onder die skakel “Jan se rekenaarherstelwerk-kletskamer en ander snuisterye” bestel word.

pragmaties – Stellenbosch studente wat mooi van aangesig is

hollisties – opwinding in gay gemeenskap

anarchisme – bekende LitNet blogger se nuwe kerkbeweging

eutopies – mans bo die ouderdom van 100 jaar

gemanifesteer – maagdelikheid ontneem

isomorf – groen smurfie

proponeer – posisie in Rugby wat slotte in agter stutte inneem

profaan – speletjie met dosent

toksikologie – studie van rugbytoks

tussenkaaks – diep in die moeilikheid

kalandery – ‘n rare seksuele obsessie met almanakke

kardiograaf – ‘n persoon wat karre se radios herstel

katalisator – nuwe speelding vir katte

katakombe – toestand van katte na speel met katalisator

postulaat – ‘n gereelde verskyning met SA se poswese

potamografie – die studie van potjiekos

kenosis – familiekenner

mitigasie – klein buikwindjie

dermatoloog – ou by slaghuis wat die wors stop

modaliteit – nuwerwetse horlosie

opmerkenswaardig – net hierdie persone se Matriekpunte word aangepas

korporativisme – die vang van vis met groot bote

argitektonies – fancy naam vir ‘n voetskilder

interpelleer – studiegroep tussen vriende

hipotesis – lywige werkstuk vir doktersgraad

esteties – snaakse S-vormige boesem

prostituseer – nagdame se boesem pyn

floep – buikwind so genoem in ordentlike geselskap

fomenteer – kots so genoem in ordentlike geselskap

fokaal – ‘n mens moet dit maar so doen anders sukkel mens

resentiment – Leon van Nierop se pepperminte

kategories – huisdier is nie wel nie

This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

35 Responses to Woordeboek vir Afrikaanse Amateurs

  1. veldbrand sê:

    Baie snaaks!

    Hier’s een (op die ou grappie gebaseer):

    konsistorie – die verskonings van iemand wat jou te na gekom het.

  2. Ek het so lekker gelag dat ek eintlik onvroulik gesnork het. Wat noem mens dit? LOL!

  3. Jan Twak sê:

    Solank jy nie tussenkaaks voel nie Leon!

  4. Ek voel baiemaal fokaal 🙂

  5. toortsie sê:

    Jan kom in!! Helloooooo. Jan, het jy dalk gaan wegkruipertjie speel by Litnet???

  6. Charms sê:

    Dankie tog daar is nie prentjies by nie 😉

  7. seegogga sê:

    oe julle is slimmmm! ek soek so ‘n taalwoordeboek!

  8. BB sê:

    Hasie Woordeboek:

    Wat noem jy ‘n deurskynende hasie? Sp(h)asie!
    Wat noem jy ‘n hasie in ‘n pyp? Blokhasie
    Hasie in die tuimeldroër? Spinhasie
    Wat noem jy ‘n hasie ini hospitaal? Operhasie!
    en ‘n hasie ini spur? Inspirhasie!
    en hasies wat paar? Vibrhasie!
    wat noem mens ‘n hasie met GPS? Navighasie
    Wat noem mens ‘n rugby hasie? Paashasie
    ‘n Hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas? Oksidhasie
    ‘n Walt Disney Hasie? Animhasie
    ‘n Vuvuzela Hasie? Gerhasie
    Wat noem ‘n mens ‘n hasie op ‘n telefoon? Kommunikhasie
    Wat noem ‘n mens ‘n losbandige hasie? ‘n Flirthasie
    wat noem ‘n mens ‘n hasie wat preek? ‘n Kanselhasie!!!!
    wat noem jy ‘n ryk hasie? Inflhasie!!
    ‘n Hasie wat boer? Plhasie…
    Wat noem mens ‘n siek hasie? Inflamhasie
    Wat noem jy ‘n hasie wat oorsee gaan?… Emigrhasie
    Wat noem jy ‘n hasie met spuitpoep? Purghasie!

    Iemand wat heeltyd hasie grappies vertel? Irrithasie :mrgreen:

  9. toortsie sê:

    Ek het net kom inloer. Dis so stil hier. Is jy besig om nog woorde op te soek, of wat?

  10. PlaasJuppie sê:

    Eish soveel groot woorde. Dit maak my kop seer.

  11. toortsie sê:

    Ek het dadelik gedink om ‘n woordeboek by jou te koop. Maar ek weet nie of ek ooit daai woorde gaan gebruik nie. Wil jy nie een ontwerp vir amateur amateur afrikaners nie? dis nou vir outjies soos ek wat net gewone tale praat

  12. BB sê:

    Laat my dink aan dié een:
    Piet en Koos, ou skoolvriende, loop mekaar weer raak na twintig jaar.
    “Haai, ou Piet, jy lyk goed man. Wat het jy gaan doen na skool?” vra Koos.

    “Ek het tale gaan swot op Tukkies en het my honneurs gekry in Afrikaans. Daar ontmoet ek toe ook my vrou, wat gedigte en prosa skryf vir ‘n lewe. Sy het ‘n meestersgraad in letterkunde gekry voor ons eerste seun gekom het. My seun is ‘n konsertpianis in Amerika vir die Amerikaanse Philharmoniese orkes en my dogter is die hoofballerina in London se balletgeselskap. Julle moet een aand oorkom dan hou ons ‘n kultuur-aand!!”

    “Wat van jou? Wat het jy met jou lewe gedoen Koos?”

    “Nee,” sê Koos, “ek was mos al op skool ‘n bietjie bakleierig en het na skool maar ‘n bokser geword. Daar ook my vrou ontmoet, die dogter van ‘n boks promotor, en in daai tyd kon vrouens mos nie boks nie toe begin sy met karate en sy het haar swart belt gekry voor ons eerste kind daar was. Ons seun het laas maand sy SA kleure gekry in stoei en my dogter verteenwoordig ons land in Judo. Julle moet een aand oorkom dan moer ons mekaar ‘n bietjie!”

  13. Adoonsie sê:

    Dankie Jan.

    Ek kan nie dink dat ek al ooit enige van die woorde van jou nodig gehad het nie , maar na jou besonderse poging , sal ek met trots al hierdie mooie grote woorde tussen my geleerde pelle gaan gebruik.

    O demmit. Ek het nie geleerde pelle nie. Kan een van julle dalk vir my ‘n paar leen ?

  14. demoerin sê:

    Bwahahaha – Ek het nou so lekker gelag… Isomorf – 😆 , shame – Ek dink dou of ek iemand ken wat esteties onder lede het.

  15. Smurfi sê:

    😆 nou lekker gelag! Gelukkig is eknog nie ‘n “Isomorf ” nie hahaha! my kiekie wys nog blou! maar as ek naar is en nie lekker voel nie dan word ek “isomorf” so lig groen! 😆

  16. BB sê:

    Nee jong, jy’s friggin’ holskeurend skerp!! 😆
    Hier’s my humble bydrae:
    Amateur – vloerbedekking bestuurder

  17. Postulaat – excellent!

Gesels gerus saam