‘n Vernederende studie

Ek het hierdie staaltjie iewers gehoor en so ‘n bietjie verwerk.

Behalwe vir sy skerp tong, is Fielies Conradie met min dinge geseën.  Met ‘n lyfie wat die Oros-mannetjie soos Brad Pitt laat lyk en ‘n gesig soos Michael Jacskon voor hy make-up aangesit het, is Fielies ook nie die gewildste item in enige dame se afspraakboekie nie.  Selfs mansvriende het die ou maar min en hy word maar min saamgenooi vir enige kuier.  As Fielies Conradie naby is, “score” niemand nie.  Dit is dus net dan en wan, as nie een van sy vriende lus is vir vrouelawaai nie, dat Fielies saamgenooi word na ‘n kuier.

Dit is ‘n groepie van vier wat die aand by die hotel invaar vir ‘n drinksessie.  Fielies is by.  Die vier makkers neem stelling in by ‘n tafeltjie so skuins voor die kroegtoonbank.  Drankies word bestel.  Die kroeg is redelik gepak en dit gaan woelig en vrolik.

Maar Fielies drink nie.  Sy oë is vasgenael op die verste punt van die kroegtoonbank.  Eenkant en alleen sit die aantreklike blondekop.  Mooi uitgevat in ‘n donker besigheidspakkie.  Sy drink ‘n pienk drankie met ‘n sambreeltjie.  Seker maar stout in hul voornemens, moedig Fielies se drie pêlle hom aan om te gaan kennis maak.  Na so drie sopies en ‘n paar kloppe op die blad, is Fielies gereed.  Hy stap nader om sy inner sjarme aan die dame te demonstreer.

Skaam en met sy kop half geboë vra hy die dame of hy maar langs haar kan sit en vir haar ‘n drankie kan koop.

Verergd vlieg sy hom in en skree kliphard:

“Ek gaan nie vanaand saam met jou slaap nie, jou vieslike luis!”

Die kroeg is skielik tjoepstil en die mense staar.  Selfs die groot luidsprekers het ‘n toweroomblik van stilte tussen die liedjies.  Verslae stap Fielies terug en voeg hom weer by sy vriende.  Selfs hulle is geskok en het nie so ‘n uitgesproke reaksie verwag nie.  Soos spitsverkeer wat weer stadig lewe kry na ‘n ongeluk, begin die kroeg weer geselserig raak.

‘n Ruk later staan die blonde vrou by Fielies-hulle se tafel.  Sy kom om verskoning vra.  Saggies fluister sy, dat sy besig is met haar doktersgraad in sielkunde en ‘n tesis moet doen.  Dit gaan oor hoe mense vernedering verwerk.

Uit die bloute en sonder waarskuwing kyk Fielies haar in die oë en skree kliphard:

“Wat!  Twee Honderd Rand!  Is jy fokken mal!”

This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

15 Responses to ‘n Vernederende studie

  1. Reinhardt sê:

    Jan, soos altyd, uitstekend!

  2. Son sê:

    Fielies, jou doring!

  3. ekisanna sê:

    “Mooi so Fielies!” Duidelik geen tekorte by sy dinkprosesse nie.

  4. Kopbeen sê:

    LOL! Kry sy lekker op haar moer.

  5. Charms sê:

    Briljante comeback!!!!

  6. twattie sê:

    High 5 ou maat!!
    My pa het altyd gesê as jy nie sterk is nie moet jy slim wees!

  7. Laat dit nou ‘n les wees vir die Sielkunde Dept.

  8. Whahahahahaha! Mooi so Fielies! Weereens pragtig geskryf Jan!🙂

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s