Huisreëls

“Julle piepie nie weer teen my Dahlias nie!  Gebruik die groot Kareeboom as julle dan nou móét buite piepie.”

“Ja, Mamma.”

“En as julle weer ‘n gang-gly hou, hou om hemelsnaam net julle onderbroeke aan!  Hier is kinders ook onthou!  En julle gebruik nie my ‘Skip’ nie, dis te duur, ek sal vir julle ‘OMO’ gee as dit dan moet.”

“Ja, Mamma.”

“En jy sluit hierdie keer jou haelgeweer toe en gee die kluis se sleutels vir my!”

“Ja, Mamma,” sug ek.

“En julle los die brandblusser uit, ek sukkel nou nog om die gordyne skoon te kry!”

“Ja, Mamma,” sê ek gedwee.

“En julle drink uit plastiekbekers en as julle kots vee julle op!”

“Ja, Mamma.”

“En julle los Tannie Siems se dak uit!  As julle vroeër braai sal julle nie so uit hout uit hardloop soos laas nie!”

“Ja, Mamma.”

“En die een wat Klein Twak se perdjie weer breek, koop ‘n nuwe een!”

“Ja, Mamma.”

“En julle pla nie weer vir Dominee nie!  Die man se senuwees gaan dit nie meer lank hou nie!”

“Ja, Mamma, maar dit was mos net ‘n grappie,”

“Ek gee nie om nie, julle los hom uit!”

Ek sug en kyk op my horlosie.  Hierdie gesprek gaan ‘n rukkie neem.  Dit is amper weer Krismisvakansie en Mamma is besig om die huisreëls met my deur te gaan.  Die Varsity-broers kom kuier.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

12 Responses to Huisreëls

  1. Roer sê:

    Ek het simpatie met Mamma, maar julle mans hou ten minste die lewe interessant en grappig.

  2. Krista sê:

    Bwhaaaaaaaaaaaahahaha!!!!! Sterkte vir Mamma!!

  3. Toortsie sê:

    oeeeeeeeee…………………………………………………………………..😯

  4. murphy sê:

    Janee, men will be boys!

  5. Lyk my Mamma het ‘n lysie gemaak … en dalk groei hy by die dag vir volgende Kersfees!

  6. aikona sê:

    eina !

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s