Monthly Archives: Jan J

So moet ‘n toilet mos spoel!

“Só moet ‘n toilet mos spoel,” dink ek behaaglik, terwyl ek verder oorleun om beter te kan sien.  Daar is skielik stilte onder die groepies toeriste naaste aan ons.  Hulle kyk my vraend aan en iewers giggel ‘n tannie.  Mamma … Lees voort

Posted in Uncategorized | 31 Kommentaar

Woordeboek vir Afrikaanse Amateurs

‘n Mens kry darem mense wat mooi kan skryf.  Fancy en grênd man!  Halfpad deur hul letterkundige werke voel mens te skaam om op jou eie CV te skryf dat jy Afrikaans selfs net gedeeltelik magtig is.  As mens eers … Lees voort

Posted in Uncategorized | Tagged , , , , | 35 Kommentaar

Plaasjapies, rekenaars en skroewedraaiers

Groot humorsin rakende my tegnologiese –en handvaardighede was aan die orde van die dag, toe ek in my moederskoot gevorm is.  Vir my is die woord tegnologie maar net ‘n ander spelling vir die woord moeilikheid.  Soms is dit juis … Lees voort

Posted in Uncategorized | Tagged , , , | 27 Kommentaar

Die groot vraag.

In ‘n ernstige gesprek met Marile Cloete word ek belas met die taak om antwoorde op ‘n tergende vraagstuk te lewer.  “Wat soek mans in vrouens?” Ek besef dat die antwoord afwisselend, diepliggend en oppervlakkig kan wees en dat deeglike … Lees voort

Posted in Uncategorized | Tagged , , | 36 Kommentaar

Het jy geweet?

Het jy geweet meneer of mevrou?   Jy mag nie Savlon aan jou brein of harsingsvlies smeer nie!     My bliksem! Wat my laat dink, ontsmetmiddels vir breins is nie vrylik beskikbaar of oor die toonbank te koop nie.

Posted in Uncategorized | 28 Kommentaar

Skaapselle

Ek ontdek hierdie enetjie in die trommel vrybriewe agter in die klerekas.  Dit is ‘n brief wat ek aan my verloofde gestuur het tydens ons langafstand- vryery (sien op ‘n Plattelandse Rak).  Ek het rugprobleme en loop soos die toring … Lees voort

Posted in Uncategorized | Tagged , , , , | 22 Kommentaar

Noodplan as jy die Lotto wen

Jammer as jy dalk straks hierdie al op ‘n ander forum van my gelees het, ek beskou dit egter belangrik genoeg om ook hier te plaas:     NOODPLAN VIR ‘N LOTTO-WEN   Elke Suid-Afrikaanse huishouding behoort een te hê.  … Lees voort

Posted in Uncategorized | Tagged , , , | 32 Kommentaar