Iemand kook op Nasionale Braaidag

Terwyl ek nou op die web is vir my jaarlikse opvang op sosiale media, het ek gedink hierdie enetjie is seker van pas, met die vakansiedag eersdaags.

Iemand kook op Nasionale Braaidag

Mamma sê ek moet vir my smeer. Met die wisseling van die seisoene lyk ek blykbaar soos ’n skurf krokodil met gevorderde vel-aknee. Nou ek is nie normaalweg ’n room en lipstick man nie, maar na ’n subtiele waarskuwing oor huweliksvoorregte, krap ek maar in die badkamerkassie rond.

Daar is twee potjies wat soos room lyk. Die een is Ingram’s wat op die etiket sê:

“For dry, cracked and chapped skin.”

Die ander een is ’n veel kleiner potjie genaamd Ahava Face Revitalizing Cream en sy etiket sê:

“For smooth, radiant, baby-like skin.”

Hoe Ingram’s nog in die mark bly weet ek nie. Wie soek nou ’n ‘dry, cracked and chapped skin’? Ek trek die potjie Ahava nader en begin smeer. Dit is maar ’n bleddie klein potjie, maar ek kry darem genoeg uit om die ergste skurf in te smeer. Dit is nogal ’n heerlike vars tinteling wat die goed op ’n mens se vel maak en ek wonder hoekom koop Mamma so min op ’n slag.

So tel elke huwelik maar soms klein probleempies op, gelukkig het ek ’n sonstraal persoonlikheid en Mamma praat gewoonlik met my na sy so twee nagmaals by die kerk uitgesit het.

Nou die een ding waaroor ek nie met Mamma getrou het nie, is haar kookkuns. Die saak was miskien nog effens debatteerbaar tot sy nou die aand die viennas verbrand het. Dan is daar natuurlik ook die hofsake teen maatskappye wat hul goed as ‘flatervry’ adverteer. Dis nou nie dat die kos so sleg is nie, sommige is nogal heel lekker – ’n mens moet net nie vir die goed name probeer gee nie.

So proe Mamma se Beef Stroganoff soos heerlike wafels met stroop. As mens net ’n dik strooitjie byderhand het kan mens ’n idilliese melkskommel van haar Chicken ala King maak. En as iets die dag heeltemal hand uit geruk het sit ons dit net tussen twee snye toast met ’n bietjie tamatiesous. Gelukkig raak Mamma nooit moeilik daaroor nie en erken haar enkele tekortkoming in die lewe. Sy gee dus nie om dat ons braai nie. Elke dag as dit moet. Soms vir ontbyt ook as die Joop van Aswegen my voor sonop wakker maak met sy Ford Cortina.

Seker dié dat my swart buurman droog opmerk, terwyl hy sy jaarlikse braaivleisvuur vir Nasionale Braaidag pak: “Jasisss Jan, to you, everyday is Herritage Day!”

Ek lig maar net my bier in stille erkentenis terwyl ek oor my skurwe elmboë streel.

This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

12 Responses to Iemand kook op Nasionale Braaidag

  1. Qposter sê:

    It is a great pleasure going through your site because I love your every post. That’s why I have bookmarked your site to check out new stuff from you. Thanks for sharing …

  2. Welkom terug in die land van die lewendes… nou kan ons wag vir Mamma se goeie eienskappe

  3. Toortsie sê:

    Hellooooooo!!! Ek stel voor jy koop vir mamma sommer 4 van daai Ahawa potjies. Sy sal soooo bly wees.🙂

  4. perdebytjie sê:

    Ek is ook nie te goed by kospotte nie,dus is braai altyd welkom!

  5. Woef-Woef sê:

    Gewonder wat het van jou geword! Ek kan goed met mamma assosieer, ek deel haar tekorkoming, maar sal seker maar moet kook, want dit klink of dit gaan reën en ons braai nie as dit reën nie.

  6. The Rider sê:

    Ai, Lasarus het opgestaan…. Hallo Jan!

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s