Rasta veel

Wanneer mens musiek maak as DJ by geleenthede, soos ek ’n paar jaar terug nog gedoen het, loop ’n mens jou vas in die interessantste groepe mense.  Dit wissel van uitvoerende direkteure van groot maatskappye (hulle is gewoonlik die wildste) tot studerende verpleegsters (ek wéns  hulle was die wildste).  Soms is dit brandweermanne by ’n offisiersafsluiting (hulle rook almal), soms is dit ou tannies by die OVV se jaarlikse kongres.  En elke groepie mense het hulle eie manier van partytjie hou.

Dit is vreeslik interessant om te sien watse musiek ‘tiekel’ ’n groepie en ’n mens moet gereed wees om heeltyd jou persepsies te vernuwe.  Ek het eenmaal by ’n ghetto danskompetisie musiek gemaak, waar die partytjiegangers uitsluitlik swart was.  Dit was in die middel van, wel, die ghetto’s.  As gevolg van my eie persepsies was die musiek natuurlik ook uitsluitlik kwaito, met ’n R&B nommer nou en dan, vir die meer ernstige partytjiegangers.  Ten spyte van ’n spierwit DJ geniet die skare hul terdeë, ten minste pas my velletjie in by van die skerper disko liggies.

Maar ’n mens kan net soveel kwaito in ’n aand luister en ook nie meer nie.  Om die skare bietjie te terg en reaksie te toets gooi ek laataand ’n Klipwerf nommertjie.  So uit die bloute, sonder waarskuwing.  Met die eerste konsertina klanke voel ek of my 9mm pistool nog gereed lê in sy wegsteekplekkie aan my sy.  My assistent staan gereed om homself met ’n spieëlbal te verdedig.  Persepsies.

Daardie aand gaan my oë oop.  Die spul gryp mekaar en begin ballroom dancing te doen soos ek geen ander kultuur dit al sien doen het nie.  Toe die liedjie klaar is, is die organiseerder by my en ek sit my hand gereed op my 9mm.  Hy wil weet hoekom speel ek die heelaand sulke kak musiek, hulle soek meer liedjies soos die een wat nou net gespeel het.

So keer ’n knaap my eendag by die werk voor.  Ek is dadelik moerig want sy haarstyl lyk soos ’n ontsnapte Kentucky hoender en sy broek hang af of hy ablusie-uur gemis het.  Hy is van een of ander groot IT maatskappy en stel hom voor as Frikkie van Aswegen, maar hy reageer ook blykbaar op die kodewoord van “Colonel Zero”.  Colonel Zero wil weet of ek hulle musiek by ’n werkspartytjie kan doen.  Dit is ’n “Rasta Reggae & Rave” partytjie, maar ek hoef nie te worrie oor Reggae musiek nie, hulle het dit maar net ingesit vir die ouens wat wil dagga rook.

So bevind ek my ’n week later in ’n digte rookkolom tussen ’n spul IT tegnici wat na rave musiek luister.  By die badkamers deel hulle gratis inspuitingnaalde uit en as jy ’n hotdog by die kiosk koop, gee hulle vir jou ’n sakkie met wit poeier by.  So staan die spul in die middel van die dansvloer en wieg.  Dit lyk meer na pogings om staande te bly as dans.  So nou en dan gee een darem ’n bokspringetjie as daar ’n lekker dromslag in die musiek is.  Na ’n uur besef ek, geen siel gee eintlik om wat se musiek speel nie.  Solank daar net ’n “beat” is om op te wieg.  Diegene wat rave musiek ken, sal my gelyk gee dat lirieke en oorspronklikheid hand aan hand in die skeppingsproses verdwaal het.  Ek besluit om die spulletjie te toets.  Ek sit een liedjie op en laat hom heeltyd in ’n “loop” speel.  As hy klaar is begin dieselfde liedjie weer oor.  Niemand kom iets agter nie.  Hulle staan almal doodgelukkig en wieg.  Na die liedjie omtrent tien maal gespeel het, besluit ek om buite te gaan sit en Stuyvesants rook.  My werk is om die skare met die musiek gelukkig te hou en aangesien daar nog geen klagtes was nie, beskou ek dit as ’n “job well done.”

Na omtrent drie ure slinger ’n knaap in my rigting waar ek nog steeds rustig buite op ’n tuinbankie sit.  Ek dog, hel, nóú is hier moeilikheid, die spul het seker agtergekom dis dieselfde liedjie wat nog die heelaand speel.

“Ekskuus Oom,” sê die jafel toe hy naby genoeg is dat ek sy asem kan ruik.  Die geur van Beechies, rum en dagga spoel oor my neusvleuels.

“Ekskuus Oom, ek wil net sê ek laaik Oom se musiek kwaai.  Maar jissie Oom, daai liedjie wat Oom nou laaste gespeel het, is kwaai cool.  Oom moet hom tog later weer vir my speel.”

This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

26 Responses to Rasta veel

  1. Okkie van Vuuren sê:

    Netjies man

    Vriend van my het ook die musiek ding gedoen voor die dae van kompakskywe. Vrydae speel hy tot hul sê hulle is klaar, Maar Saterdag nag 12 uur speel hy vir hulle “Prys die Heer …. en pak dan op.

    Het in Kimberley bure gehad wat so elke vierde vyfde saterdagmiddag in die hartseer musiek ten hardste verval het. Het die vriend se hulp ingeroep en toe 2 spesiale 45 min bandies gemaak. en die stelsel opgestel om die een te begin as die ander een afskop . Toe “moenie aan pappie meer sjerrie verkoop nie” begin druk ons speel klim in die kar en gaan eet by die inry restaurant. Nadat hulle 45 minute sonder onderbreking na Uria Heep en 45 minute na Black Sabbath moes luister het ek nooit weer die probleem gehad nie

  2. Wanneer skryf jy weer ‘n kapitteltjie ?

  3. Karin sê:

    Jan, kom terug! waar’s jy dan. Jy kan nie ophou skryf nie.

  4. Ding sê:

    Dagsê JanT. Man ja, Ding het hierdie skrywe nou geniet, Ding het sommer self pyp gestop om ‘n rukkie te vertoef. Dankie vir hierdie vol vertelling! Oor die hangbroeke: die volgers van die bepaalde mode sal dit nie eers meer weet nie, maar dit het in die Amerikaanse tronke ontstaan onder die AA’s daar – was ‘n manier van rebelleer teen omstandighede. Dit het oorgespoel na hulle AA-broers buite die tronke … om te rebelleer. Vir Ding is dit net ‘n rooi kraplap in die nek elke keer as Ding dit sien en Ding sukkel oor die algemeen om nie non-chalant die broek agter in die middel van die rug te gryp en op te ruk tot kort duskant die draer se nek nie.
    Oor die Klipwerf – in Gemorsa (lees Pretoria) toe Ding nog daar moes vertoef, het Ding gereeld Klipwerf vir die hele stad gespeel, veral en juis wanneer Ding langs een van die minibus-taxi’s by ‘n verkeerslig gestop het. En die reaksie het net die eerste 5 keer verbaas, want dit was elke keer dieselfde: moerse breë glimlagte, kop knik en duime op!

    Staan sterk en sit stewig!
    Ding

  5. Pingback: Avontuur in die woestyn (3) | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  6. Toortsie sê:

    In n loop. Ja. Hul is lief daarvoor as ons ouer garde lekker op n troue dans ons op so n manier te probeer moeg maak.

  7. Louwie sê:

    Ha-ha, baie snaaks Jan. Soos altyd uitstekend geskryf!!
    Soms is ons vooroordele way off the mark ja, en dan weer so presies in die kol😆

    • Jan Twak sê:

      My gut feeling was darem nog altyd so 99,753% korrek.

      • so gepraat van gut feeling, wat doen mens as jou gut vir die een keer in jou lewe jou ini steek gelaat het, vra jy verskoning of beweeg jy maar net aan??????

        • Jan Twak sê:

          ‘n Gut Feeling wat verkeerd is, verander na alle waarskynlikheid, vinnig in ‘n “Gat Feeling”. (Ou Jan Twak Gesegde) Maar in antwoord op jou vraag, probeer eers iemand anders blameer en as daar nie is nie, hardloop weg.

  8. Olga sê:

    Ek hoop ‘n paar van hulle lees hier hoekom hulle broeke hang. ek dink hulle wil graag glo dat hulle broeke om ‘n ander rede hang.

  9. brieweuitdievreemde sê:

    😆 Weird scenes!

  10. snaaks hoe persepsies werk …..
    nou die ane dag vra my middag baas vir my of ek hulle sal vergesel na ‘n ete (kani glo dis al wee suke tyti, funksie op funksie om die jaat vaarwel te groet) anyway vra die ou toe nou, siende dat ek as bestuur van die PnP beskou word, ek dag toe by myself – o hel hoe draai ek nou daaruit, ek ken mos die mense, en as jy eers paartie dan smaakit my almal skiem jy is hulle se maatjie…. (tong ini kies) besluit toe nou maar ek sal gaan, aangesien dit my dalk meer deel vani groep sal maak siende dat ek eintlik net die skim daar is om seker te maak hulle margins en GP’s en winsgrense is mooi op dreef, en dis net smidae nadat ek van my regte werk af kom na 12, anyway lang storie kort, dress toe nou maar op en gaan toe nou maar saam….
    daar aangekom is die mense so opgedress en fancy dat ek amper moet vra wie is wie, ken niemand buite hulle narpakkies (werkdrag) nie, en die een wil ordentliker wees as die ander, dag ek so by my selwers – nou waarvoor was ek dan nou skrikkerig – en toe so uur later, na so paar botteltjies wyn vani tafel af verdwyn het ini gewillige glase……… toe wys almal hulle ware kleur, gelukkig het ek vroeg aand al gepraat van ander afspraak, en hulle mooitjies gelos dat hulle maar alleen moet paartie, want met bietjie lawaaiwater in, wel dan is dit presies dielele ding –
    hulle rasta veeeeeeellllll

  11. Jy bly die lig van die paartie!

  12. Natasha sê:

    Bwhahahaha Lekker lag ek nou!
    Daai rave musiek rasta veel vir my ore ook!

  13. lekkerjeuk sê:

    “Sy broek hang af asof hy ablusie-uur gemis het.” Hahaha. Ek sien dit voor my spookoog.

  14. Flenters sê:

    Miskien sal daai lang loop vaan jou, ook werk vir my…………. iets soos American Pie wat loop en loop en loop……
    🙂

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s