Aan my beste vriend

Elke jaar op die 21ste September vier ek en my vrou ons huweliksherdenking.  Vandag het ek dit gelukkig onthou.  Sy het my vroegoggend self daaraan herhinner.  Netnou kry ek ‘n mooi gedig van ‘n onbekende skrywer wat my vrou vir my in my epos gelos het.  Getrou aan haar kennis van my aard, is dit nie ‘n soppie liefdesgediggie nie, maar nogal iets waarvan ek ook hou.

vandag gaan ons ‘n papier kontrak teken
en die partye moet asb. op die volgende punte reken
met die oog op ‘n eksklusiewe produksie reeks
sal vervaardinging daarvan geskiet regstreeks

die produk sal met ‘n onderhouds waarborg kom
die termyn sal bepaal word deur ‘n geldelike som
vervolgings die produksie se eie terme en skedulering
dit sal vrysgestel word met geen party se goedkeuring

geen derdeparty konsultasies
en ook geen leierskap abdikasies
daar bestaan absolute monopolieë
en geen kortermyn amnestieë

alle bates bly steeds persoonlike eiendom
in geval een party bankrot speel of omkom
en in geval van onophoudlike situasies
dan word voorgestel wetlike anneksasies

en alle roerend of onroerend kapitaalbates
sal deur die hof opgedeel word in (on)gelyke mates
en die kontrak word geteken met ‘n goue band
…. gee mekaar die regterhand

Ek is nie regtig ‘n gedigtemens nie, maar ek is mal oor ‘n cowboy-liedjie.  En dit is ook die soppieste wat julle my in ‘n lang tyd gaan sien.  Met respekte aan Don Williams wat die woorde geskryf het.  Ek plaas dit vir my vriend, my heel beste vriend:

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

13 Responses to Aan my beste vriend

  1. patricia sê:

    Owe jame maar kan jy vir my n gedig gee van my en my vriendin ons is deur baie al asb danq.

  2. patricia sê:

    Ek laaik julle gidiggies dis oulik

  3. Hanti sê:

    Baie geluk julle twee! Mênnie mor! Sko’ma.

  4. ilze sê:

    Ditto skat! (Dit is jou vrou wat praat!)@ Vlenters – Dankie ek verstaan, net soos Jan ook verstaan!Hierdie wa word saam deur die drift getrek!

  5. Flenters sê:

    Veels geluk!
    Ek sit en wonder wie die wa (by wyse van spreke) deur die drif (let op die afwesigheid van die agtervoegsel “-te”) trek en wie die een is wat empatiese felisitasies verdien op grond van geopenbaarde deursettingsvermoë…….

    Maar deel gerus hierdie goeie wense met die ander een wat sal verstaan.

    Groetnis van huis tot huis.

    NS : Ek dag hier gaan niks aan en toe maak ek vandag die toevallige ontdekking. Dit wys jou net……..

    • Jan Twak sê:

      Dankie, ek het my vrou gevra wat dit als beteken, toe sê sy dit het niks met my te doen nie!

      IS NS: Hierdie werf is soos my bankstaat, meeste van die tyd gaan daar niks aan nie.

  6. Dirkie sê:

    Baie geluk, julle het sommer ‘n hele langnaweek om te begin vier – tot by Braaidag!!

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s