Sielkundige chaos

So ‘n paar jaar gelede rig een van my vriende, Johan, die onder-elf rugbyspannetjie van ‘n plattelandse skooltjie af.  Maar hy sukkel.  Die skooltjie is klein en die talent is min.  Hulle beskou nou al enige wedstryd met minder as twintig drieë teen hulle as ‘n wen en Johan koop vir almal roomyse wat nie gedurende die wedstryd gehuil het nie.   So kom Johan toe na my toe vir hulp.  Hy ken my mos as ‘n goeie motiveerder, hy wil hê ek moet so ‘n bietjie met die sielkundige voorbereiding van sy spannetjie help.

Die volgende Saterdag so tien minute voor die wedstryd hurk ek af op my knieë tussen die kringetjie seuns.  Ek kyk hulle een vir een in die oë en met diep bas fluisterstem laat waai ek.

“So waar is julle pênties?” grom-fluister ek.

“Hê Oom?” vra ‘n paar gelyk met groot oë.

“Julle is mos sissies, dan moet julle mos pênties dra?”

“Nee Oom!” koor almal nou gelyk en ek neem ‘n effense aggressie waar.  Ek vorder.

“Vandag word die sissies van die manne geskei…” gaan ek verder met die groepie en my stem word al harder soos ek met hulle werk.  “Vandag gaan daai seuntjies,” en ek beduie na hulle teenstanders oorkant die veld, “soos babatjies na hulle mammas huil terwyl hulle hulle eie stront moet vreet!”

Daardie Saterdagoggend sweep ek daardie onder-elfies erger op as mense by ‘n Republiekdag toespraak deur Eugene Terre’Blanche. Dit lyk naderhand soos vroegoggend mis op Tafelberg soos hulle met hulle voete op die kalklyne gate in die gras grawe.  Van hulle stamp stamp aan mekaar en ‘n paar begin grootmens vloeke los van al die adrenalien.

So boemerang die hele opsweep toe terug op my toe ek sien die ref beduie hulle moet opdraf en ek vir oulaas skree: “Nou toe wys daai bliksemse mamparras wat julle met hulle gaan doen!”  Ek grawe self ‘n paar gate in die gras met my Grashopper skoene.

Nou kyk daai mannetjies vlie daar weg, maar dit is in alle windrigtings.  Vier van hulle hardloop die hotdog stalletjie langs die paviljoen heel in sy moer dat jy net wiele en worsies sien spat.  ‘n Ander groepie vaar die verdwaasde teenstanders se omhelsende kringetjie binne.  Ek dink hulle was nog besig om te bid, maar daardie dag was daar geen genade of uitkoms nie.  Hulle word ter pletter geloop en meeste van hulle se rugbyloopbane word daardie dag beëindig.  Nog drie van my spannetjie duik die ref plat en begin hom moer.  Twee ander klim teen die naaste rugbypale op dat ons later vir Eskom moes bel om hulle leer te bring.  Dit is chaos en van die ouers begin mekaar ook slaan.  Uiteindelik spring Pastoor-Generaal Verwey van die AGS se militêre vleuel in en spuit die spul uitmekaar met een van die skool se brandblussers.

Dit is net Polla, die Portugees se seuntjie wat nog stil voor my staan asof niks gebeur nie.  Hy lyk glad nie opgewerk nie en ek kyk hom vraend aan.

Dan sê hy half verskonend: “E speako no Afrikaans.”

This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

22 Responses to Sielkundige chaos

  1. wynand sê:

    Haha dit laat my terug dink aan my skool rugby/boks loopbaan. Ons het altyd die games verloor maar nooit die fights nie. Puik storie Jan!!!

  2. Plasie sê:

    Lekker gesmile!🙂

  3. Boskabouter sê:

    Is jy dalk beskikbaar om die Cheetahs te motiveer hierdie seisoen? Na Saterdag gaan ons dit nodig he!

  4. Charms sê:

    Ek sien sommer daai mannetjies se bakleigesiggies😆

  5. Andrew sê:

    Laat dink my dan nou aan die Karibib Laerskoolspan van 1967 waarvan ek die haker was …. die kleinste en die aggresiefste. Baie goed vertel.

  6. Skuinsweg sê:

    Briljant!

  7. Son sê:

    😆😆 Shame, ek dink Aberdeen se onder-12 rugbyspannetjie kort so speach. My skoonseun en sy vriend rig hulle laas jaar af en die eerste game verloor hulle 96 – 3 teen Graaff-Reinet. Dit was ‘n slagting. Die twee afrigters het maar hul vernedering gaan verdrink😆

  8. aikona sê:

    Maar , ek verstaan nou nie mooi nie ! Wat was die score ?

    Ja nee wat kan ‘n mens sê

  9. Trust nou ‘n porra! Excellent soos altyd!

  10. Ek kort nou ook so ‘n spiets om my weer op koers te kry!

  11. Sonel sê:

    Whahahahahaha! Wel, ten minste een minder wat nonsens aangejaag het..hiehie.
    Puik geskryf weereens Janna! 10 sterre!

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s