Flennienagklere vir ‘n blou film

Nie geskik vir sensitiewe lesers of lede van die Hervormde Kerk nie.

Ek en Bullet van Zyl het toe vrede gemaak.   Hy het verduidelik dat ‘n kar twéé control arm bushes het en hy net één vervang (sien vorige pos).  Hy sou nooit stukkende goed in my kar teruggesit het en die nuwes verkoop het vir drank nie.  Die probleem is, Bullet wil nou my maatjie wees.

Die grootste probleem van ‘n kêffie-eienaar met ‘n oopplan-lessenaar-kantoor in sy winkel, is dat almal dink, jy sit niks agter die rekenaar en doen nie en dat jy altyd oop is vir geselskap.  Die stoel aan die oorkant van die lessenaar het ek al probeer wegvat, totdat Mamma geraas het.  Waar moet sy dan nou etenstye sit as sy kom kuier?

Bullet sit die dag oorkant my en gesels.  Oor karre weet ek nie veel nie en ons gesprek ploeter maar aan oor die briljante selfoondiensverskaffers wat ons in Suid-Afrika het.  So draai die gesprek later na die apparaat self.  Bullet wil spog met sy nuwe selfoon.  Trots pluk hy die ding uit sy broek se sak uit.  Die apparaat is kleiner as my tools op ‘n swak dag.  Ek is nie beïndruk nie.  Vir my moet ‘n selfoon net twee goed kan doen;  Uitbel en oproepe kan ontvang.  ‘n Mens moet ook nie sukkel om die knoppies te druk nie.  Bullet stoomroller voort.  Sy masjien kan videos ook wys.  Hy soek enetjie uit.  Dis twee tannies wat nakend vir Gay en Lesbian Rights stoei.  Op ‘n een-by-een-sentimeter skermpie.

Nee wat, sê ek vir Bullet.  Mens kan dan niks sien nie, ek hou in elk geval nie van WWE- wrestling nie.  Bullet snap nie my sarkasme nie, maar is nou meer begeesterd in sy strewe om my te beïndruk.  Hy gaan vir my ‘n DVD in sy kar haal.  Toe hy terugkom met die ding sit ek die kassie dadelik in ‘n bruin kardoes.  Ek het nie net mechanics vir kliënte nie.

Nou die ding met pornografie werk so by my.  Ek is nou nie een van daai ouens wat buitebande en munisipale geboue gaan brand vir een of ander anti-porn-veldtog nie en is ook maar soms gefassineerd met ‘n oulike doedie of twee wat toevallig op my rekenaar, die klere laat waai.  Maar dit gaan oor die terg.  Dit moet stadig, sensueel en uitlokkend wees voordat enige liggaamsdeel opgewonde sal raak.  ‘n Volwaardige bloufilm het ek laas in my studentedae gekyk.  Ons moes uitry tot by die casino in Thaba ‘Nchu, want toe was dit nog onwettig in Suid-Afrika.  Ek is vrek nuuskierig en besluit om tog maar die aand te koekeloer.

Die kinders is bed toe, ek en Mamma (ons doen alles saam) sit met ‘n bak popcorn voor die kassie.  Ons gaan fliek kyk.  Ek druk ‘play’ op die masjien.  Vreeslik!  Ek dink eers ek het die fliek dalk aan die einde begin en wil met alle mag ‘rewind’.  Die fliek se naam verskyn tussen die drillende liggame en ek besef dis net die openingstoneel.  ‘n Man en vrou is besig met mekaar.  Verskriklik besig.  Dolly Parton met ‘n lugdrukboor se moer!  Hulle lyk soos teelplaas konyne op perde-steroids en ek wonder of ek dit dan nou al die jare verkeerd gedoen het.  Dit is ‘n blonde tannie, maar daar is geen aanduiding daar onder om die waarheid te toets nie.  Daar is wel ‘n goue ring in haar dinges wat seker maar sê: “Eks getroud met seks.”

Die vóórtitels met akteurs se name verskyn en ek sien Dick Galore en Virginity Lost speel in die hoofrolle..  Die fliek begin nou amptelik en die storielyn is ‘n rooikop tannie in ‘n stukkie van ‘n gedeeltelike bikini langs ‘n swembad.  ‘n ‘Pool boy’ met ‘n sak kunsmis en ‘n swembadnet stap nader en ek weet onmiddelik daar gaan nie vandag aan swembaddens gewerk word nie.

Die man het ‘n manjifieke openingslyn.  Hy sê: “Hi”

Die vrou sê: “Hi” en ek kan sien sy is beïndruk deur die man se taalvaardighede.  Sy lyk reg om te paar.

Dan hou die tannie ‘n bottel sonbrand goed in die lug en sê: “Could you help me rub this in?”

Aan die manier waarop sy dit sê, besef ek dit is dalk heel moontlik die laaste dialoog van die fliek.  Die man vryf vir haar in.  Nou of dit sonbrandolie of KY-jellie was, weet ek nie, maar hy vryf nie net haar rug in nie.  Dan is die tannie skielik sonder klere.  Het ek iets gemis?  Die stadige verleidelike ontkleedans-ding?  Die regisseur het seker maar die kontinuïteit-ding verkeerd verstaan.  Hy wou soveel kontinnietyd wys as moontlik.

Die vrou se naaktheid pla die man nie en hy gaan aan met die vryf.  Met die vrou se borste sal mens ‘n perfekte sirkel op papier kan trek.  Onder haar linkerbors se vel skyn ‘n strepieskode en ‘n “Made in Taiwan” deur.  Onder die regterbors iets van ‘flammable’.  Die man se swembroek is in die pad.  Die tannie trek hom af.  Hier is gróót probleme.  Dié knaap is bedeeld en ek wonder of Mamma nog vir my sal lief wees na die fliek.

Die groot man pla nie die tannie nie.  Haar mond is net so groot en ek praat nie van dialoog nie.  Die man moet versigtig wees hoe hy sy heupe swaai, dink ek by myself.  Met daai klokke gaan hy die tannie bewusteloos slaan.  Dan gaan die twee oor na aksie.  Posisies wat ek laas gesien het toe Boswell Wilkie se sirkus in die dorp was.  Mamma lyk heel beïndruk met die gevleggery, maar ek sê vir haar daar’s nie ‘n manier wat my rug dit sal hou nie.

Wag! Hier kom nog dialoog!  Die man vat die vrou se linkervoet weg by haar regteroor om iets vir haar te fluister: “I wanna fuck ya bitch”.

Hel, nee!  Die man is ‘n gebore romantikus.  Die tannie reageer gunstig op die romantiese aanbod en draai op haar knieë om hom ander poorte tot genot te offer.  Dit gaan seer wees.  Dit is seer!  Die tannie skree nou soos ‘n swanger speenvark wat in ‘n pendoring getrap het.

Weer ‘n ding met die kontinuïteit.  Daar het nou twee buurmanne ook bygekom.  Hulle is vrek ongeskik.  Groet nie en het ook nie klere aan nie.  Die vrou moet seker deur haar ore asemhaal.  Elke moontlike poort na buitelug is nou toegestop.

Wag, weer dialoog.  Die een man leun vorentoe.  Hy wil ietsie sê: “Im cummmming!!!”.  Dié spul het minder dialoog as ‘n Terminator fliek en ek dink onwillekeurig terug aan Arnie se “I’ll be back.” Die man wat gekom het kom nie terug nie en verdwyn uit die fliek. Sy nageslag op die vrou se rug, ‘n lywige aandenking van sy Oscar-vertoning.

Een na die ander bereik die manne hulle eindbestemmings, maar die tannie is nog lus vir speel.  Iemand bring ‘n skinkbord met vrugte en groente.  Wortels, komkommers en piesangs. Toe hulle die waatlemoen nader trek, stop ek die fliek.  Ek het nou genoeg gesien om my vir ewig van porn te bekeer.  Ek weet nou hoekom ek laas in my studentedae so ‘n fliek gekyk het.

Daardie aand slaap ek en Mamma in ons flennienagklere.  Ons lê lepel tot ons aan die slaap raak.  Soos ou getroudes.

This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

15 Responses to Flennienagklere vir ‘n blou film

  1. Willa sê:

    Ek het nou so lekker gelag dat die trane rol. Goed geskryf

  2. Krista sê:

    Goed geskryf Jan!!!

    Ek mind ook nie vir ‘n stukkie vleis op die kassie so nou en dan nie, maar op een of ander stadium moet hy daar afklim en begin afstof!!!

  3. Son sê:

    Ooo…. hoe lekker lag ek nou! Ja-nee, wat het van romanse en ‘n laaaang aanloop geword😉😳

  4. demoerin sê:

    Teelplaaskonyne op perde-steroids…bwahahaha.

  5. Charms sê:

    Ek kyk nie WWE nie, dis gans en al te aansitterig met al daai gegil en geskree – netnou dink my bure ons het ook ‘n beperkte woordeskat😯

  6. Dis mos nou hoekom ons so daarteen preek- dit lei tot flennienagklere, broer…

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s