‘n Geurige Kersfees

 

Oom Loerie van Staden vertel my nou die dag van sy laaste wedervaring oor Krismis:

 

Vir die laaste vyftien jaar kamp die hele familie oor Krismis by sy ma, ‘Ouma Flennie’, uit.  As oudste lid van die van Staden familie is dit haar plig-voorreg om staties te bly, terwyl die familie vanoor alle windrigtings op die plaas annerkant Hanover bymekaarkom.  Gelukkig is die ou plaasopstal massief en daar is genoeg slaapplek vir haar ses kinders, skoonfamilie, stringe kleinkinders en so paar agter-kleinkinders ook.

 

Nou ‘n mens ruik mos al op ‘n afstand as daar iets fout is.  Toe ek en Antie Marie die Oukers-agtermiddag die werf inry sien al ons dinge lyk nie lekker nie.  Daar is ‘n gewyde stilte en orals staan familie in groepies buite.  Selfs die vrouens wat andersins saam met Ouma Flennie in die kombuis doenig sou wees, staan ook buite saam met die mans.

 

Die eerste ding wat my tref toe ons uit die kar uitklim is die doodsreuk.  En ‘n man raak paniekbevange met ‘n doodsreuk as jy ‘n troonopvolger is.  As Ouma Flennie doodgaan, is ek as oudste broer, die volgende een wat die Krismis-familiesaamtrek moet hanteer.  My jongste broer Doors stap ons tegemoet toe die kar stop.

 

“Is Ma oraait?” vra ek hom nog voor ons gegroet het.

 

Doors giggel deur sy grys baard toe ons bladskud: “Jong, ja en nee.  Jy moet maar self gaan kyk wat aangaan.”

 

Toe ek by die voordeur kom tref die stank my eers werklik.  Ek snak na my asem en besef dit is die eerste keer in my lewe dat ek met ‘n vrot ammoniak reuk te doen kry.  Ouma Flennie sit eenkant in die sitkamer op haar gunsteling stoel.  Seker ook nog nie gewoond aan die reuk nie, want haar oë is rooi gehuil en die stem skor toe sy my groet.

 

“Ons het probeer met die ammoniak, maar dit stink nog steeds,” is al wat Ouma Flennie uitkry saam met die groet.

 

Ek gaan soek maar weer vir Doors op om my die storie te vertel.  Doors sug.  Die storie het blykbaar al láás Krismis begin.  Toe Ouma Flennie gemoun het oor hoe baie die klomp persente vir die hele familie gekos het en die min tyd wat sy gehad het om dit te koop.  Hy wat Doors is het haar toe aangeraai om sommer deur die jaar persente te koop, soos wat sy stad toe gaan en nie alles op een slag nie.

 

Sommer vroeg die jaar het Ouma al die raad gebruik.  Maar sy koop toe weer almal se persente op een slag.  Die Januarie-uitverkopings op Krismisoorblyfsels was onweerstaanbaar goedkoop.  Die sakke met die persente het sy in die huis se kelder, waar niemand ooit kom nie, gaan gooi.  Eers drie dae terug toe sy die kelderdeur oopmaak om die persente toe te draai, onthou sy.  En vir maande lank al, het sy gesoek na die ‘klankie’ wat die huis ligweg gevul het.  Gedink dis ‘n dooie rot of iets, maar kon niks kry nie.  En almal se persente stink daarna.  Die hele huis stink daarna.  Met die oopmaak van die koelerboks binne die kelder, toe die reukgeweld haar neusvleuels tref, onthou sy die vark in die verhaal.    Dit is die Januarie-special Krismis-ham wat sy vergeet het om in die vrieskas te bêre.

 

***

 

MAG JULLE KERSDAG SO RYKLIK GEVUL WEES MET VRIENDE, FAMILIE EN GELUK DAT GEEN ENKELE SIEL TYD GAAN HỆ OM TE BLOG NIE!

 

Groetnis van Jan, Ilze en kinders.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

12 Responses to ‘n Geurige Kersfees

  1. demoerin sê:

    😆 Beste wense aan julle ook.

  2. hannahbi sê:

    Pragtige familie kiekie – geseënde Kersfees vir jou en pragtige family

  3. BAie mooi foto! En mag dit vir jou en jou huis ook ‘n wonderlike Kersfees wees!

  4. Toortsie sê:

    Janneman, ek hoop nie dis jou laaste een voor kersfees nie! En…. mag julle vars vark en kalkoen en hoender en skaapboud en sosaties en tjops en steaks, gammon, frikkadelle, tong, ham, whatyoucallit geniet….

  5. Reinhardt sê:

    Jan, so oor die laaste maand of twee het ek deur jou blogs vir jou, Ilze en die kinders ontmoet. Ek wens vir julle ‘n wonderlike Kersfees. Mag julle ‘n geseënde tyd hê. Soos MaanKind sê, ‘n lieflike foto! Jy het ‘n pragtige gesin! Groete, Reinhardt.

  6. MaanKind sê:

    Lieflike foto!

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s