Patentreg op ‘n cocktail

Dit is bedrywig in die Twakke se huis. My groot vriend Ouboet van varsity se dae, kom die naweek saam met sy gesin by ons kuier. Deesdae staan hy bekend as advokaat van Tonder, maar ek het darem self ‘n goeie prokureur vir ingeval ons begin stry.

Mamma het ‘n ding met Tom Cruise. Dis nou van ek met die CPAP-masjien (sien Die Gemaskerde Snork) en sy indrukwekkende vegvliegtuigmasker op my gesig slaap. Elke liewe fliek van die man word uitgeneem en sorgvuldig deurgekyk. Maar dis die fliek “Cocktail” wat toe die moeilikheid maak. Nee, Mamma wil niks weet van ‘n gewone braai as Ouboet-hulle kom nie. Die Twakke moet ‘n Cocktail-party gooi! Nou sedert die ongelukkige voorval toe ek een aand in ‘n gay klub musiek moes maak, het ek geen erg aan vreemde drankies nie. Maar Mamma is moeilik. Met die cocktail resepteboek en Ama-ghloek-ghloek, ons plaaslike drankwinkel, se naweek specials voor haar, moet ons besluite maak.

Eers word ek in die werk gesteek om ‘n uitnodiging te ontwerp. Na jare in die klank -en videobedryf en genoemde sporadiese ondervindings in gay klubs, het ek nogal ‘n handige hand met Photoshop en dergelike ontwerpprogramme. Mamma gee streng instruksies oor hoe die kaartjie moet lyk, maar getrou aan my aard is daar natuurlik ‘n paar byvoegings ook:

Volgende aan die beurt is die spyskaart en noukeurig word die coktail-resepteboekie met Ama-ghloek-ghloek se pamflet vergelyk. Van die goed se name klink soos ‘n idilliese orgie en Mamma hou verby. Sy soek ‘n stigtelike en stylvolle partytjie. Geen “blow jobs” of “sex on the beach” cocktails nie. Ek moet sommer ook klaar die dienste van Philip, een van die kêffie se werknemers, bespreek. Philip was eens op ‘n tyd ‘n chef in ‘n groot hotel tot ‘n ongelukkige voorval met ‘n braaipan en ‘n moeilike kliënt hom na ander oorde gedryf het. Philip het ‘n kitaar en hy kan sing ook.

Na vele beraadslaging het ons uiteindelik ‘n stigtelike menu saamgestel met ‘n paar goed wat nogal lekker lyk. Heel onder is daar natuurlik ‘n kamma cocktail met elke gas se normale drank keuse. Dinge is in plek en daar sal cocktails in die Twakke se huis gedrink word!

Nou die een ding waaroor ek en Mamma mekaar blykbaar misverstaan het was dat ‘n mens eintlik van die menu af moes kies wat om te drink. Met hul aankoms besluit ek en Ouboet al om die menu van bo tot onder deur te werk. Netnou mis ons iets wat lekker is. Tussen elke cocktail bring Philip ‘n skinkbord met fênsie eetgoed.

“Dis prawns, jy moet dit eet!” sê ek vir Ouboet toe ek sien hy klap-klap na sy cracker-beskuitjie asof hy ‘n vlieg wil verjaag.

“O,” sê hy terwyl hy die gogga met ‘n Bleddie Merrie wegsluk. Hy lyk meer beïndruk toe Phillip die skinkbord met die biltong en maaskaas skons neersit.

Soos die aand vorder raak Phillip al stadiger en stadiger. Proe natuurlik aan elke cocktail! So nou en dan gryp hy sy kitaar en sing romantiese liedjies van mans wat hul vrouens wil terughê. Later slaan hy oor na Al Debbo en Jack Parrow se liedjies. Nog later moet ek en Ouboet self ons cocktails mix.

Dis waar die probleme begin het. Eintlik met die “Fuck the Family” – cocktail. Ons kry nie skoon glase nie en skink sommer in bierbekers. Kwart whiskey, kwart brandewyn en kwart vodka. Ons ys is aan die min kant en ons rantsoeneer elkeen met ‘n blokkie terwyl ons die gaping met tequila vul. Fuck the family! Nog later is ons deur die hele menu en ons probeer ons eie konkoksies. Dis toe dat ons die bottel ströhrum ontdek. ‘n Mens mag nie sulke goeie drank met iets anders meng nie en ons gooi elkeen net ‘n splash tobasco sous met ‘n sambreeltjie bo in die bierglas, sodat ‘n mens dit darem ‘n cocktail kan noem.

Ek en Ouboet slaap die aand saam in die woonstelletjie in die jaart wat vir hom en sy vrou gereserveer was.

Die volgende oggend kry sy bloedbelope oë ‘n verheldering na ‘n eerste teug koffie.

“Nee,” sê hy vir my. Hy weet nou wat ons daai laaste cocktail kan noem. As mens nou net die ding op ‘n bietjie ys kan skink noem ons dit ‘n “Marriage on the Rocks”

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Patentreg op ‘n cocktail

  1. CyhloeZen sê:

    Tyd vir ‘n Cocktail partie hier om almal op te vrolik!

  2. Charms sê:

    Ek wonder of ek die skoonfamilie kan nooi vir so cocktail aandjie👿

  3. demoerin sê:

    Bwahahahaha…. laat jy my nou dink aan die dag toe ek ‘n cocktail party gegooi het, en toe ons geglo het dat ons die drinks eers goed moet testdrive voor die gaste kom (jy kan mos nou nie goed te drinke aanbied wat dalk sleg proe nie)😆 Ons het so 12 uur begin, en ek moet sê teen die tyd wat die gaste 4 uur opgedaag het was ons al so 10 stasies verder….en dit was ook ‘n heel fancy affair met dasse en aandrokke ens. Na die party is ons na so ‘n stywe, fancy, langarm-ballroom dansplek toe…😆 imagine ‘n groep van so 20 snotdronk mense wat so 2km na die plek toe loop, omdat niemand in staat was om te bestuur nie. Jinne, het ons nou lewe in DAAI party ingeblaas, maar ja ons was ook nie weer welkom daarna nie (ek sweer ons posters is nou nog by Dance Palace se ontvangs opgeplak)

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s