Op ‘n meer ernstige noot: 21 Mei 2011

Na aanleiding van my vorige bloginskrywing, so ‘n bietjie meer op ‘n ernstige noot. Waar ek deur die doemprofete geselekteer is om ‘n besonderse erge straf te ontvang op 21 Mei 2011 wil ek darem ook net my wederkerende wense toewens.

Aan die omie en al die ander doemprofete wat my veroordeel omdat ek nie die spul kak op ‘n pamflet oor die Eindtyd wil koop nie. Hiermee ‘n ope brief aan jou, jou volgelinge en hul skoonfamilies:

Oom, mag jy en jou kollegas vir 40 dae en 40 nagte, ‘n onophoudelike opelyf beleef. Uit ‘n geloofsoogpunt is julle besig met ‘n uiters gevaarlike en onverantwoordelike speletjie.

 

1)      Wat as die eindtyd inderdaad VOOR 21 Mei 2011 plaasvind? Gaan jy verantwoording neem vir al die mense aan wie jy ‘n vals latere afsnypunt gegee het om hul sake in orde te kry? Gaan jy pa staan vir die talle kindertjies wat gebore is uit kondoomlose partytjies voor 21 Mei 2011? Gaan jy aan SARS verduidelik hoekom onskuldige mense se belastinggeld op Play Stations en worsbroodjies spandeer is?

 

2)      En as jy dan nou verkeerd is in jou berekening en Sondag 22 Mei se sonstrale val oor die aarde, gaan jy en jou volgelinge jul rug op die Christelike geloof draai? Volgens julle is die datum dan mos immers deur ‘n Bybel wat nie lieg nie, voorspel. Onteenseglik. So as julle datum verkeerd is, verlaag julle self die Bybel tot die sinnelose kak wat op julle pamflet geskrywe staan. Hoe gaan jy dan aan jou talle volgelinge verduidelik dat hulle nog steeds moet glo wat in die Bybel staan? Of gaan jy bloot ‘n nuwe datum gee met die verskoning dat God jammer gevoel het vir jul troue volgehoue geween en sanik en toe die datum self uitgestel het? Maar jy hou mos immers jou lyf profeet, so jy behoort seker vooraf te weet van enige uitstelle?

 

3)      Ek is jammer ek het jou so gou van my perseel af gejaag. Ek wou jou nog vra om daai nice bussie waarmee jy ry en al jou ander eiendom aan my af te teken, synde dat jy dit nou nie meer nodig sal hê na die 21 ste Mei nie. Kontak my asseblief dringend hieroor as jy dalk hier sou lees.

 

4)      Fok U

Hartlike groete ; jou einde is naby

Jan Nel

PS:  En Maandag die 23ste gaan haal JY my skoonma by berg Arrarat!  By second thought, toemaar, los maar.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

15 Responses to Op ‘n meer ernstige noot: 21 Mei 2011

  1. Charms sê:

    Nie dat ek dink ek is spesiaal nie, maar ek het nou al ‘n paar van hierdie voorspellings oorleef.

  2. Son sê:

    Ek like ook daai punt 4😈

  3. Andy sê:

    Die feit bly staan dat NIEMAND sal weet wanneer “judgement day” is nie en volgens wat ek verstaan gaan die nuwe jerusalem op aarde wees, so die aarde kan nie vernietig word op 21 oktober soos hulle beweer nie.

    In alle geval, dit is my opnie en almal is geregtig tot hulle opinie, maar nie saak hoe ver van die pad af hulle is nie.

    • Jan Twak sê:

      Oom Harold sê jy verstaan verkeerd. Dis omdat jy jou Bybel van links na regs lees en nie soos die voorgeskrewe Hebreus van regs na links nie!

  4. demoerin sê:

    😆 Ek like nogal punt 4…. en ek kannie wag vir Sondag nie!

  5. Jean Fryer sê:

    O, daar is dit. Ek soek ‘n blou hand. En hier is ‘n geel ster. Tipies Jan. Altyd otherwise.

  6. Jean Fryer sê:

    Wat gaan hier aan? Hoekom is hier nie ‘n “like” knoppie nie?

  7. Wat as daar nie eens so iets bestaan nie, nooit ooit nie. As dit ‘n mensgemaakte, opgemaakte idee is, gedateer uit tye toe daar nie wette was nie, om mense bang te maak vir “die hel”. Sodat hulle hul mooi gedra. En dat ons vandag steeds aan die glo, omdat kultuur dit oorgedra het van een generasie die ander.?

  8. Lindie Loock sê:

    Oh my soul! (of wat nou?) goed gese – ek sal self wil weet wat hul op Sondag te se sal he…

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s