JAN TWAK SE EMMERSKOPLYS

Ek het mos gesê ek is ‘n spanspeler. Na vele bloggers se ‘bucket lists’ die rondte gedoen het, het ek mooi gaan dink wat kort nog in my lewe. Daai dinge wat mens graag wil doen voor jy die emmer skop. Dus sonder versuim deel ek so bietjie van my innerlike en publiseer:

JAN TWAK SE EMMERSKOPLYS

1)  Draai ‘n bottel brandewyn se prop op voor hy leeg is.

2)  Doen al die rides by Bloemfontein se skou in ‘n Skotse rokkie (jip, soos ‘n regte Skot)

3)  Spitbraai ‘n volstruis flattie (hoender is darem dêm klein en almal baklei altyd oor die vlerkies)

4)  Sê “ja” vir ‘n karwag om die kar op te pas

5)  Vat Kate Middleton se onderklere terug.

6)  Vat AK-47 terug as Polisie weer “bring-geweer-in-sonder-vervolging-special” aan het.

7)  Vra Prins William omverskoning.

8)  Wys vir Mevrou Dominee waar jy haar Maltesie begrawe het.

9)  Stop by ‘n padstal (jy kan dadelik weer ry, Mamma het gesê jy kan maar net vinnig by een stop)

10)  Vat Verwoerd se borsbeeld terug Orania toe (die ding is in elk geval te groot vir ons voorportaal)

11)  Groet ‘n spietkop

12)  Bou kat-orrel klaar. (Weet iemand dalk van twee katte wat in Middel C en F# kan skree as jy op hul sterte trap?)

13)  Eet net eenkeer ‘n restourant se “Eat as much as you can” – special sonder om persona non grata verklaar te word.

14)  Rook 40 sigarette in ‘n dag (selfbeheersing Jan, selfbeheersing!)

15)  Skryf briefie aan Algemene Sinode en vra omverskoning vir verlede jaar se kerkbasaar.

16)  Klim met valskerm en Moslemkleed by een van SAA Express se vlugte in.

17)  Verf AWB logo op Julius se 4×4

18)  Vat Polisie se Casper terug

19)  Skinny-dip in die Vatikaanstad se fontein

19)  Skrap vorige inskrywing, ek hoor ‘n kaal man is nie veilig daar nie. Sit Playgirl middelblad in Mevrou Dominee se Huisgenoot voor sy hom kom koop.

20)  Eet Mamma se bobotie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to JAN TWAK SE EMMERSKOPLYS

  1. PlaasJuppie sê:

    Ek is nou nie een om ‘n ander man se drome te vertrap nie, maar jissie ou Jan, is dit werklik nodig om ‘n spietkop te loop groet? Weet jy hoeveel moeilikheid dit veroorsaak?

    Ek het nou al die spietkops op al die maniere gegroet nes my Pa my geleer het. Een vinger en tweevinger saluut, een hand en beide hande, plus al die moontlike variasies daarop, en elke keer het die wetters my in die tjoekie gegooi. Ek dink nie hulle hou daarvan om gegroet te word nie.

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s