Steekproef met ‘n pil

Na jare se gesmeek en soebat is ek uiteindelik onder protes besig om ‘n opvolgstorietjie vir medeblogger Ouboet te skryf.  Die storietjie is ’n opvolg van die een hieronder, wat ek maar eerste plaas ter wille van geheueverfrissing en vir die wat dit dalk misgelees het.  Die nuwe storie, sal ek iewers oor die naweek plaas, met die titel “VIAGRA 2”  Maar eers die eerste een:

‘N STEEKPROEF MET ‘N PIL

Tannie Fienie Scheepers is een van daai ongekunstelde karakters wat mens op elke klein plattelandse dorpie kry.  Rof en sonder nonsens afgewerk aan die buitekant, maar binne skuil daar ‘n groot hart van goud.  Moenie met haar sukkel of in haar verkeerde boekies kom nie.  Sy vloek vir jou drie en ‘n half minute lank sonder om enige woorde te herhaal.  Van bo tot onder, met liggaamsdele wat jy nie gedink het jy  het nie.  Die feit dat sy klinieksuster is, dra ook by tot haar gevreesde woordeskat, wat meestal, klinies en medies korrek ingespan word.

Stout.  Besonder stout.  Maar dis ook Tannie Fienie wat my destyds deur die rug moeilikheid gedra het.  Waar die dokter onsimpatiek was vir Jan se pyn, het Tannie Fienie tonne verbode subskripsies pille onder my tafel deurgesmokkel: “Nou drink jy vier van daai met brandewyn en kry iemand om die kêffie vir jou te run.  Moenie ys bygooi nie – dan werk dit stadiger.”

So kom Tannie Fienie gister weer met ‘n pakkie pille by my aan.  Nee, sê ek vir haar.  My rug pla nie meer nie, seker al twee jaar al.  Nee man, giggel sy terug.  Die goed het verkeerd hier aangekom.  Sy het bloeddrukpille bestel, toe stuur die staat vir haar generiese Viagra.  Sal seker werk vir ouens met lae bloeddruk, deel ek my mediese kennis, maar sy stop die pakkie met die vyf pille in my hand.  Ek kan die goed gaan probeer, sê sy.  Dis baie duur, omtrent ‘n honderd Rand ‘n pil, sy gaan dit nie terugstuur nie, maar wil ook darem nou nie mors nie.

Nou wat die Tannie laat dink het ek het die goed nodig, weet ek nie, maar ‘n man kyk nie ‘n gegewe hings in die bek nie – al is dit nou soos om vir ‘n M3 BMW ‘n ekstra turbo op te sit.  Ek is vrek nuuskierig oor moontlike addisionele resultate.

Die aand sit ek en Mamma nuuskierig en giggel rondom die pakkie pille wat op die bed lê.  Ek het nog net aan die goed geruik, maar is al klaar lus.  Mamma lyk bekommerd toe ek die stophorlosie uit die kas haal.  Mens moet darem die resultate kan meet verduidelik ek.

Nou een ding van Viagra.  ‘n Halfuur na ek daai pil gesluk het, gryp ek vir Mamma.  En Schumacher in ‘n M3 se moer.    Ons vergeet amper van die stophorlosie.  Vir drie ure twee en vyftig minute gaan ons tekere.  Sonder ophou.  Sluk net so nou en dan bietjie water en vee die ergste sweet van die mure af.

Na die tyd lê ek op my rug en suig behaaglik aan ‘n Stuyvesantjie.  Ek sê vir Mamma:

“Jy weet skat.  Teen honderd Rand ‘n pil, is dit darem nie die ekstra sewe minute werd nie.”

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Steekproef met ‘n pil

  1. Charms sê:

    Die tannie het darem gesê dis die generiese ene nè – miskien werk hy nou nie so effektief soos die oorspronklike nie😉

  2. toortsie sê:

    ek wonder darem…

  3. PlaasJuppie sê:

    ‘n Quickie nou en dan doen darem wondere om die bloed weer aan die gang te kry 😉

    R100 vir 7 minute se pret? Klink soos een van MTN se internet bundles.

  4. demoerin sê:

    😆 ….eish, ek wonder oor Deel II…

  5. Adoonsie sê:

    Grootbek
    😉

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s