Die groot vraag.

In ‘n ernstige gesprek met Marile Cloete word ek belas met die taak om antwoorde op ‘n tergende vraagstuk te lewer.  “Wat soek mans in vrouens?”

Ek besef dat die antwoord afwisselend, diepliggend en oppervlakkig kan wees en dat deeglike navorsing eers gedoen moet word, ten einde ‘n bevredigende antwoord te verskaf.  As deel van my navorsing het ek my gewend na die Wyshede van Salomo, die sketse van Michelangelo, die naam van Aristotelis self, die liedere van Jack Parrow en die persoonlike lewe van Steve Hofmeyr soos gedokumenteer in Die Huisgenoot.  Eers nadat ek by die “Big Bang” gedraai het, het die lig vir my aangegaan.

 

Dit is dus met welgefundeerde navorsing en die uiterste selfvertroue dat Jan Twak trots kan publiseer, die lys van “Wat mans in vrouens soek”

 

WAT MANS IN VROUENS SOEK, DIE LYS

 

1) Net een ding

1) Net een ding alleen

gepaard met stilte en as die stilte dan moét gebreek word, herhalende komplimente oor daardie ding en alles en nog wat.

 

EINDE LYS

This entry was posted in Uncategorized and tagged , , . Bookmark the permalink.

36 Responses to Die groot vraag.

  1. Dan sê:

    Dames, dit staan soos ‘n paal bo water, en julle weet dit nou nog nie? Dit kom al van die Bybel se dae af, vra vir Simson net om een te noem!!

  2. Vriendelikheid, aandag en liefde.

  3. Jis, julle is diepsinnig op hierdie gewyde blog!!

  4. Charms sê:

    En hier bevestig jy wat ons al lankal vermoed – en al daai navorsing opgesom in een sinnetjie – geniaal!

  5. ekisanna sê:

    Ek het altyd respek vir ‘n man wat so deeglik navorsing doen voordat hy sulke gewigtige vrae beantwoord, so ek sal jou weterskaplik bewese antwoord dus aanvaar. Net jammer ek moes grys word voordat iemand my ingelig het :mrgreen:

  6. netjane sê:

    Lees ek natuurlik toe “wat soek vrouens in mans” en is toe verstom toe ek by jou antwoord uitkom, veral nadat jy al jou bronne gelys het (ek bedoel, hoe kan die Huisgenoot verkeerd wees!?).

    Toe ek nou eers weer gaan lees (ek blameer my 38 week swanger brein vir die glipsie), toe verstaan ek mooi.

    Maankind slaan die spyker op die kop (no pun intended) – ja ja…

  7. Sonlig sê:

    Marile….jy’t hiervoor gevra!

    • Jan Twak sê:

      Jip, dis al wat ‘n man wil hoor! “Ja Ja…”

    • Smurfi sê:

      Maankind, lyk my jy is die enigste een wat die regte woorde gespreek het ! (alla Jan Twak) Jan wat wen Maankind? seker daardie dik boek wat Pikanese moes deur wroeg, om die regte persepsie te kry oor daai “eending” wat sy toe hier moes raaklees 😆 😆

  8. Pikanese sê:

    En daar lees ek my blou aan Steve Harvey se Act like a Lady, think like a man net om die vinnige opsomming van sy twee boeke in twee sinne hier te kry. Maar helaas, ek kan uit eerstehandse (en frustrerende) ondervinding sê dis ongelukkig (of gelukkig afhangende van jou persepsie) nie waar vir alle mans nie ;-D!

  9. Choppy sê:

    Nou hoe weet ek dan van TWEE dinge, niks minder nie?

  10. BB sê:

    Ja Jan, ons almal weet daai mos nou al laaaaaaankal!! Die groot vraag is eintlik: Wat soek mans NIE in vrouens nie? 😆

    • demoerin sê:

      Ek dink dis ‘n vraag wat eerder ongeantwoord moet bly 😆

      • Smurfi sê:

        BB. Ek dink die ander sinnetjie sê dit eintlik die “stilte wat nie verbreek moet word nie”, wil my voorkom hulle soek ‘n vrou wat min praat??? is ek reg Jan? Eish, so julle is alweer aan die verloor kant want vroue sal altyd baie praat. Dit loop so hand aan hand met die “eending” 😛

  11. Hahaha! Mans kan mos nie op meer as een ding op ‘n slag fokus nie!!!

    Jan, dankie vir jou eerlikheid.

  12. toortsie sê:

    Voor ek nog gelees het, het ek al klaar geDINK wat dit kan wees…. maar nou is ek nie seker nie…. WAT is daardie een ding?????

  13. adoonsie sê:

    Briljant Jan !!!!

    briljant!

  14. Marile Cloete sê:

    Hoe maak ‘n mens ‘n gesiggie van iemand wat histeries lag? :D?
    Well done, Jan! Jou navorsing word as wetenskaplik, goed gefundeerd, ewewigtig, geldig en volkome onpartydig aanvaar.

Lewer kommentaar op Charms Kanselleer antwoord