Noodplan as jy die Lotto wen

Jammer as jy dalk straks hierdie al op ‘n ander forum van my gelees het, ek beskou dit egter belangrik genoeg om ook hier te plaas:

 

 

NOODPLAN VIR ‘N LOTTO-WEN

 

Elke Suid-Afrikaanse huishouding behoort een te hê.  Meneer of Mevrou, nog voor jy daardie Lotto-kaartjie koop moet jy reeds ‘n goed-geoefende noodplan op gereedheidsgrondslag hê.  ‘n Mens wil nie onverhoeds betrap word, sou daardie gelukkige ses nommers die slag ‘n geldjie in die hand stop nie.  En ek praat natuurlik nie nou van een of twee miljoen Rand nie.  Dis net genoeg om my bankbestuurder kwaad te maak en my eie lyding te verleng.  Nee ek praat van die gróót een.  Soos die R91miljoen pitte wat daai ou (ek hoop hy het ‘n noodplan gehad) die slag gewen het.  Wat gaan jy doen?  Gaan jy soos ‘n moroon in jou eie stront op en af spring en vir Riaan Cruywagen bel?  Of gaan jy soos ek, kalm en beredeneerd jou plan stap vir stap uitvoer, waaraan jy al maande lank oefen?  Dus, vandag, sonder verdere oponthoud, publiseer ek as voorbeeld:

 

Jan Twak se Lotto-Noodplan

 

‘n Skoon werksomgewing is van kritiese belang.  Al voel dit of dit tydmors is, voer eers punte 1 tot 6 deeglik uit.

 

1) Plaas Lotto kaartjie in plastiese banksakkie en voer alle verdere noodplan instruksies uit met kaartjie in die hand, totdat dit na behore versteek is.

 

2)  Maak obsene oproep na Absa.

 

3)  Neem deeglike stort en trek skoon onderklere aan.

 

4)  Stoot sitkamerbank waarop jy gesit het uit tot in half geboude swembad.  Wees versigtig om nie te gly nie.

 

5)  Mop ergste vlekke van teëls op en wend Airoma en Toilet Duck mildelik aan.

 

6)  Maak obsene oproep na Absa

 

Onthou die kaartjie self is ‘n X-Miljoen Rand kontantnoot.  As hy weg is, is hy weg – onvervangbaar.  Dit is dus nodig om die Lotto-kaartjie veilig te maak:

7)  Neem spesiale Vaseline uit brandkluis en wend mildelik aan.

 

8)  Doen daardie onaangename prosedure en versteek kaartjie behoorlik.

 

9)  Maak obsene oproep na Absa

 

10)  Bel “bookie” en maak reëlings om te betaal.

 

11)  Bel bookie weer en maak seker of die reëlings in orde is en dat hy weet dat dit jy is wat gebel het.

 

12)  Dank lyfwagte af.

 

13) Maak die “Beleg van Pretoria”-gedenkwyn oop – Jy wag nou al so lank vir ‘n spesiale geleentheid.

 

14)  Bel die ref in volgende Bloubul-Cheetah wedstryd en maak beter offer as Bloubulle.

 

15)  Terwyl jy nou by die telefoon is, maak obsene oproep na Absa.

 

16)  Steek ‘n sigaret aan met ‘n R200-noot (jy wou dit nog altyd gedoen het en jy wou in elk geval nog altyd kyk of Oom Flippie Pretorius kak gepraat het, toe hy gesê het geld kan nie brand nie).

 

17)  Bel die plastiese chirurg wat Belinda Conradie se tieties so mooi gemaak het en reël  dat hy die kaartjie Maandag uithaal.  Hoor ook sommer by Mamma of sy nie ook iets daar nodig het nie.

 

18) Bel daai mense wat vir die velle en bome betoog en reël nudiste-rally voor Dominee se huis in ruil vir ‘n goeie donasie  (mens moet darem jou tiende ook gee vir ‘n goeie doel).

 

19)  Maak bloginskrywing (dis darem net beleefd om mense te groet en te sê jy gaan ‘n bietjie weg).

 

20)  Punte 20 en verder is ongelukkig hoogs konfidensieel en mag my nuwe naam, identiteit en ligging weggee.  Ek glo tog ‘n goeie basis as voorbeeld noodplan is gelê, waarop u kan voortbou.  Moet ook geensins die aantal obsene oproepe hier, as ‘n beperking sien as u dit dalk meer kere wou gedoen het nie.  Sterkte met u strategiese beplanning.

This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

32 Responses to Noodplan as jy die Lotto wen

  1. attoney sê:

    Is jy in die behoefte van enige aard van die lening? Beskrywing. * Huislenings * Persoonlike Lenings * Motor Finance * Konsolidasie Lenings * Business Lenings * Landbou LoansWe aanbod knop bedrag wat wissel van R10,000.00 Om R15MillionThis aanbod is oop vir SA / Namibië burger .. lae krediet ratingDebt resensie / Bad krediet swart lys kliënt welkom Kontak ons ​​via e-pos net (siyalingscashloan@gmail.com)

  2. Pieter van sê:

    Het jy nodig om ‘n vinnige payday lening?

    Moet jy ‘n besigheid lening?

    Jy kan aansoek doen vir ‘n lening van R10,000.00 te R850,000.00

    Om aansoek te doen wat jy nodig het om hy volgende dokumentasie:

    1 Afskrif van jou ID
    2 jongste salarisstrokie
    3 Drie maande bankstaat.
    4 Bewys van verblyf

    Terme en voorwaardes geld.

    Vir meer inligting kontak Redwood Credit Union via:

    E-posadres: sa.no.ipeleng@gmail.com
    Kontak Tel: +27610011084
    Kontak Tel: +27613909328
    Faks Nommer: +27864331698

  3. Koh Lian Fong sê:

    My broers en suster van Asië land, Ek is Miss Koh Lian Fong van Singapoer; Ek was in die behoefte van ‘n lening ‘n paar maande gelede. Ek moes ‘n lening my restaurant en kroeg, toe een van my lang tyd sakevennoot stel my aan die hierdie goeie en betroubare lening uitlener Mr.ZHANG wat my help met ‘n lening te bekom, en is rentekoers is baie laag is, dank God vandag is. Ek is nou ‘n suksesvolle sakevrou, en ek nuttig geword. In die lewe van ander, ek hou nou ‘n restaurant en kroeg. En sowat 22 werkers, dank God vir my lewe is ek goed verlaat het vandag ‘n gelukkige ma met drie kinders, te danke aan wat jy Mr.HZANG Nou kan ek sorg vir my pragtige familie, kan ek nou my faktuur betaal. Ek is nou die broodwinner van my familie. As jy kyk vir ‘n betroubare en betroubare lening leier. Jy kan e-pos hom via, (ZHANGLOANCOMPANY@YAHOO.COM Pls vertel hom mis Koh Lian Fong, vorm Singapore bekendstel aan hom. THANKS

  4. My obsene oproep aan ABSA wag – sonder n lottokaartjie. Sommer net vir my eie plesier.

  5. BB sê:

    Maak net eers doodseker dat jy nie een van 17 mense is met dieselfde nommers nie…🙄
    Ek weer wil BAIE graag Beeld bel vir ‘n Voorbladartikel… elke mens behoort darem eenkeer te weet hoeveel vriende jy regtig bymekaar gemaak het in jou leeftyd:mrgreen:

    • Smurfi sê:

      BB; Ek dink Facebook gaan die ding doen daar! 😉 Plaas dit net op Facebook en jy gaan miljoene der miljoene “vriende” bykry in ‘n paar minute! Hahahahaha

    • Jan Twak sê:

      Jip BB, mens sal in so ‘n geval dalk daai “skoonmaakprosedure” twee keer moet doen!

      Smurfi, vandat ek die Ontvanger as ‘n friend gelys het, kry ek GEEN hits meer op facebook nie!

      • Smurfi sê:

        Gtoot fout Janneman, groot fout , mens nooi nooit die taksman nie, nie eers na ‘n troue of enige party toe nie, hy gaan alles vat!!! 😯 Kyk nou net,… nou het hy tot jou facebook maaikies gevat!!!

  6. Smurfi sê:

    Hallo Toortsie en Ingrid en sommer die ander ook, ‘n pyp sal ons maar moet aanskaf ( mens kry sekerlik mooi pypies vir dames?? 😉 ) aangesien ons nou so gereeld ons pypies sal kom stop met Jan seTwak, 😉 Amper soos die ou wat sê; “ek rook nie, en vloek nie, ek drink ook nie, maar ek het my d*&%#se* pyp in die Bar vergeet 😆 ons sal maar ons pypies hier by Jan Twak vergeet 😆 maar stop sal ons maar ons pypies kom stop! 😆

    • Ingrid Marais sê:

      Smurfi, ons sal maak soos die indiane daar in Amerika met hulle se vredes pyp en hom so van die een na die ander aanpass, so om die vuur met die musiek in die agtergrond en Skorie se kos op die tafel, dink net wat se party gaan dit afgee as ons nou nog eers gerook ook is.😆

    • Jan Twak sê:

      Kry mens iets soos ‘n “Nie-Rook-Verbode” bordjie?

      • Smurfi sê:

        NEEEEE!!!! Nie op ‘n blog wat sê; Kom stop jou pyp en gesels saam nie!!! 🙄 ai tog!!!

        • Smurfi sê:

          O, OK. “nie rook verbode” Smurfis is maar starrag van begrip 😆

          NIE ROOK VERBODE mense welkom wat vreeslik verskriklik rook!!! 😆

  7. demoerin sê:

    Bwahahahaha. Hoe doen mens aansoek vir ‘n lening?

    • Smurfi sê:

      Demoerin; Daar spreek jy nou die woord, … Jan het vergeet om te noem van die aansoek vorms vir daai lening, ingeval hy wen en ons wil leeen 😉

  8. toortsie sê:

    Jan, daar is vir jou werk in my boksie. Jy sal maar moet gaan kyk, asb

  9. Smurfi sê:

    Jan Twak , Die reëls klink goed, maar duidelik het jy dit nog nie gewen nie.😆 (En ek ook nie 😦 ) Maar ek sal die reëls maar print en hou tot die blaaie geel is van ouderdom en in my testament nalaat vir ingeval een van die agter agter kleinkinders dit dalkies mag wen 😆 So ‘n voortreflike plan moet oorerf word😉 Hoop joune is nou ook al in die testament ingesluit? indien nie maak dit dan Reël 21., want dit lyk my dit gaan nog jare neem voor ons so gelukkie mog tref! 😉

  10. Ingrid Marais sê:

    Ek like jou plan, ja die oproepe sal meer moet wees, dalk die regte getal na Absa toe, maar ek kan aan ‘n paar ander knape dink wat ek sal bel so terwyl ek nou op die telefoon besig is.😆 Ek wonder net of ‘n ou soos die dr. wat toentertyd Steve se dermoperasie gedoen het nie dalk so effe meer gepas sal wees om daai kaartjie terug te kry nie😉
    O ja, ek like jou blog en skryfstyl, het glads gisteraand die Edenburg storie by die huis gaan vertel. Doen so voort en moet asseblief nie soos soveel ander van ‘n smile in die dag in gebring het net weer verdwyn nie.

    • Jan Twak sê:

      Jy sien, ek het gehoor die belangrikste ding vir ‘n vrou aan ‘n man, is ‘n mooi agterstewe. Terwyl hy dan nou die kaartjie uithaal, kan hy sommer ‘n paar ‘verstellings’ doen.

      Ek is bly jy geniet die blog. Nee, ek sal nie verdwyn nie – by tye miskien ‘n bietjie skaars wees, maar andersins is ek hier om te bly!

  11. krista sê:

    U funny!!!

  12. murphy sê:

    Jan, hoe kry ek ‘n lys aan die kant van MY BLOG van die bloggers wat ek subscirbe?

    (Heheheheheeheheheheeh)

    • murphy sê:

      Of alternatiewelik, ‘n lys van bloggers soos die blogroll op Litnet? As ek hier die blogroll widget daar trek, dan kry ek net ander pages..

      • Jan Twak sê:

        Sien nou eers jou tweede probleem, wat beteken jou eerste een is al opgelos!

        Jou platform kom uit met ‘n paar standaard links wat jy eers moet gaan delete.

        Doen dit onder instrumentpanee,l skakels.

        Kliek langs elkeen en voer “bulk action”, “delete” uit. Dan is die lysie skoon. Maar onthou hy sal net wys aan die regterkant van jou blog as daar ten minste een link is!

    • Jan Twak sê:

      Haai Murph’s

      Instrumentpaneel – appearance – widgets

      Soek vir skakel/links by die lysie en drag dan regs na “primary widget area”

      Om skakels te voeg moet jy hulle ongelukkig een vir een met die hand insit onder “Instrumentpaneel – skakels” Miskien is daar ‘n vinniger metode, maar ek weetie van hom nie.

      Wat flippen nice is op die “stats” is dat as jy double click op die grafiek dan wys hy watter pos hoeveel lese op watter dag gehad het. OOK vanwaar die mense op jou blad beland het, maw was dit ‘n link wat jy op Facebook gesit of Litnet of dalk vanaf iemand anders se site af.

      Hoop jy kom reg, skree maar!

  13. toortsie sê:

    Net so terloops…. hoop jy vind weer die kaartjie!!!

Gesels gerus saam

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s